Cobus van Bosch    
From Die Burger
March 2004

Life and death

LISBÉ SMUTS

EXHIBITION: Latest work by Cobus van Bosch. At the Association for Visual Arts (AVA), 35 Church Street, Cape Town. Until March 27.

PEOPLE have played with bones for centuries. They are generally used to spell out prophetic messages, but also, within an African tradition, during the calling of ancestral spirits. In this context they are a symbol of both the past and the future.

Cobus van Bosch’s fourth solo exhibition focuses especially on the process of creation. He acts as a collector of pieces of (cattle) bone, and then becomes a cartographer who recreates bone as a geographical and ideological space.

The title of the exhibition, Bone, creates a strong metaphoric background for the artworks’ references to bones, skeletons and cadavers. The two-dimensional constructions of bone and resin, mounted on wood, acts as a mapping of historical happenings and places – battlefields – indicated by titles such as Blouberg 1806, Blood River 1838, Rorke's Drift 1879, Cuito Cuanavale 1987, Majuba 1881, Spioenkop 1900, etc. Four works titled Memorial focus on the memory of the dead, as well as the artist’s process of reflection.

These artworks, in the front hall of the AVA, create a metaphor in which both life and death are contained. It’s a comment on the dead, as well as a summons to the living.

The repetitive composition of these constructions, as well as the uniqueness of the material, also speak in a sombre way to the viewer, who, like an African reader of bones, looks at the hundreds of pieces of bone and tries to read the topography of this exhibition. 

Rift, 2004, 68cm x 68cm, bone dust and resin.


Detail of Rift..


Uit Die Burger
Maart 2004

Lewe en dood

hier bekyk

LISBÉ SMUTS

TENTOONSTELLING: Cobus van Bosch se nuutste kunswerke. In die Vereniging vir Visuele Kunste (VVK), Kerkstraat 35. Tot 27 Maart.

MET bene word al lank gespeel, eeue lank. Dit word algemeen gebruik om profetiese boodskappe van die toekoms uit te spel, ook binne 'n Afrika-tradisie gedurende die oproep van voorvadergeeste waar dit as 'n simbool van die verlede funksioneer. Dit word ook as 'n voorteken van die toekoms gebruik.

Cobus van Bosch se vierde solotentoonstelling plaas die klem veral op die skeppingsproses se spelelement. Van Bosch tree op as 'n versamelaar van stukkies (bees)bene. Dan word die kunstenaar 'n kartograaf wat in been 'n geografiese en ideologiese ruimte herskep én sodoende besweer.

Bone, die titel van die tentoonstelling, skep 'n sterk metaforiese agtergrond vir die kunswerke met hul verwysings na beendere, geraamtes en kadawers. Sy tweedimensionele konstruksies van been en harpuis/resin, op hout gemonteer, gee onder meer 'n kartering van historiese gebeurtenisse en plekke -- veldslae -- soos die titels van die kunswerke beklemtoon: Blouberg 1806, Blood River 1838, Rorke's Drift 1879, Cuito Cuanavale 1887, Majuba 1881, Spioenkop 1900, ens. Vier werke met die titel Memorial plaas die klem op die nagedagtenis aan oorledenes -- en die kunstenaar se proses van refleksie.

Dié kunswerke, in die voorste saal van die Vereniging vir Visuele Kunste se gebou -- in die geheel beskou -skep egter 'n metafoor waarin lewe én dood saamgevat is; dit lewer kommentaar op die gestorwenes, maar is ook 'n oproep aan die lewendes.

Die herhalende komposisie vanhierdie konstruksies en die eensoortigheid van onder meer die materiaal praat egter ook op 'n somber manier met 'n toeskouer wat soos 'n (Afrika)beendereleser die honderde beentjies van die kunswerke bekyk en die topografie van hierdie tentoonstelling probeer lees.